Shanghai Metro

Lyn 11 onderweg
Stasie by Middle Jiasong Road
Jiaotong Universiteitstasie (Lyn 10) platform

Die Shanghai Metro (Chinees: 上海地铁) voorsien die Chinese metropool Shanghai van doeltreffende en goedkoop openbare vervoer in veertien van die sestien stadsdistrikte. Meer as tien miljoen reisigers het in 2019 elke dag die metro gebruik. Sedert die opening van die eerste lyn in 1995 het die netwerk baie vinnig gegroei, en vyftien jaar ná die opening was dit reeds die langste metronetwerk ter wêreld.

Sedert die einde van 2021 is daar negentien metrolyne met 'n totaal van 408 unieke stasies en 802 km se roetelengte, en hierdie getal sal in die komende jare verder uitgebrei word. Die doel is om teen 2030 'n netwerk met 25 lyne en meer as 1 000 kilometer lank te realiseer. Die metro is die belangrikste deel van die openbare vervoernetwerk in Shanghai, wat ook bestaan uit busse en trolliebusse, sommige tremlyne, 'n Maglev en die begin van 'n streekstreinnetwerk.

Metro-ingang van lyn 1 by Shanghaistasie
Treinstel van Lyn 1
Treinstel van Lyn 2
Treinstel van Lyn 3

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy